Hier is geleenteheid vir oud en jonk om te leef vir God, saam te groei en ons naaste te dien.

jeug header

Waar Geloof Leef!

Jong Hoop is ons energieke jeugbediening waar kinders en jongmense – van kleuters tot jong volwassenes – kan groei, ontdek en werklik tuis voel. Dis ’n plek waar jy jouself kan wees, vriende maak en saam leer wat dit beteken om Jesus te volg.

Sondae is vir groei – Leer op jou vlak

Kleuterkerk
Tydens die erediens geniet ons kleuters hul eie spesiale kleuterkerk. Ná die diens gaan die pret en leer verder met kategese, waar toegewyde mentors elke kind en tiener op hul geloofsreis begelei.

Graad 1-6
Ons laerskoolgroepe werk met kreatiewe en ouderdomspesifieke materiaal.

Graad 7–11
Gebruik die Lig App. Hierdie jaar fokus ons spesifiek op die Heidelbergse Kategismus – op ’n manier wat relevant en verstaanbaar is.

Meer as net Sondae
Deur die jaar gebeur daar baie: kampe, aktiwiteite, spesiale dienste en lekker samekomste wat Jong Hoop lewendig hou.

Weeklikse byeenkomste

G1 (Maandae):
Vir ons laerskoolkinders by die skool – hier speel, lag en leer hulle die Bybel beter ken.

AFJ (Maandae):
By die skool – ’n chill, informele byeenkoms waar tieners saam kuier, gesels en groei rondom die Woord.

BKJA:
’n Jeuggedrewe bediening – deur jongmense, vir jongmense.

Hoogtepunte van die jaar

jeugweek

Kinder- en Jeugweek

Drie dae vol musiek en puik sprekers direk na die Jun/Jul vakansie.

whatsapp image 2025 10 15 at 12.24.27 d7664d39

Lesotho-uitreik

September vakansie

whatsapp image 2026 05 05 at 16.51.04

November uitreike

Ons Kinderhuis en Vrystaat Nasorg

whatsapp image 2026 05 05 at 16.47.29

Belydenisklas wegbreek

’n Spesiale afsluiting vir ons belydenisklas.

Word deel van ons Jong Hoop span of skryf jou kinders vandag nog in. 

Franco Schoonraad – 079 693 3385  francoschoonraad@gmail.com
Ds. Victor Cloete – 083 578 5684 cloetevictor75@gmail.com

vroue

Die vrouediens van Hoopkerk dra ’n besondere roeping om met liefde en toewyding vroue te bedien en te ondersteun. Hulle hart klop vir bediening aan vroue, waar elkeen aangemoedig word om haar unieke gawes te ontdek en in die koninkryk van God te gebruik. Hierdie diens strek verder as net die gemeente, maar ook binne die Koninkryk van God. 

Met betrokkenheid by Vrystaat nasorg, die kinderhuis, hoopbokse aan vrouens wat die verlies van ‘n miskraam werk, sendingwerk en die jeug, waar hoop en omgee prakties uitgeleef word. 

Die Kokkedore speel ook ’n kosbare rol deur met hul kosmaak ’n bediening van gasvryheid en versorging te wees, wat mense se harte raak en gemeenskap bou.

manne 2

Hoop Manne is die mannebediening van Hoopkerk. Elke 2de jaar word ’n manne-kamp aangebied met die doel om manne geestelik op te bou en te versterk. Uit hierdie bediening het daar ook twee gebedsgroepe in die dorp ontstaan. Die eerste groep kom Woensdae-oggende om 05:30 bymekaar en bid ook elke eerste Woensdag van die maand saam met die manne van Bultfontein.

Die tweede groep vergader Donderdae om 06:00.

Daarbenewens word daar jaarliks in Augustus ’n “kopskoonmaak”-sessie by die Boerevereniging se saal aangebied. Hierdie geleentheid sluit ’n motiveringspreker en ’n geleentheid tot saamkuier in.


Alle manne in die gemeenskap is welkom om by hierdie geleenthede in te skakel.

seniors header

Die senior bediening van Hoopkerk het ’n hart om seniors met liefde, waardigheid en betekenisvolle gemeenskap te bedien. Ons glo dat elke senior ’n belangrike rol in God se Koninkryk het en waardevolle gawes en wysheid besit wat die gemeente kan verryk. 

Daarom skep ons ’n ruimte waar seniors nie net ontvang nie, maar ook self kan dien deur hul gawes, ervaring en omgee met ander te deel. Deur saamkuier, ondersteuning, geestelike groei en geleenthede vir dienswerk, wil ons elke senior help om steeds doelgerig en betrokke deel van die geloofsfamilie te wees.

eredienste

Erediensbedieningsgroep

Die erediens BG van die Hoopkerk het ’n diep begeerte om elke erediens ’n ware ontmoeting met God te maak. Met toewyding en eenheid werk die leraars, aanbiddingspan en tegniese span saam om ’n ruimte te skep waar mense God se teenwoordigheid kan ervaar. 

Die leraars bedien die Woord biddend, die aanbiddingspan gebruik hul gawes om die gemeente in lof en aanbidding te lei, en die tegniese span sorg met hul kundigheid dat alles glad verloop. Saam vorm ons ’n span wat daarop fokus om elke hart aan te raak en mense nader aan God te bring.

hande header

Ons Diens van Barmhartigheid

’n omgee-bediening wat daarop fokus om hoop te bring deur praktiese hulp en liefdevolle ondersteuning. Die span voorsien kos en klere aan behoeftige gesinne en bejaardes, en stap ook ’n persoonlike pad met elke gesin om hul unieke behoeftes aan te spreek.

Hulle reik verder uit na mense op straat deur sop en broodjies te bedien, en is ook betrokke by Ons Kinderhuis en Vrystaat Nasorg deur voedselhulp te verskaf, asook die voorsiening van volwasse doeke aan Vrystaat Nasorg. 

Deur hierdie dade van omgee maak Hoop Hande ’n tasbare verskil in mense se lewens.

Hierdie bediening is werklik die hande en voete van Jesus in ons gemeenskap.

Vir meer inligting of om betrokke te raak, kontak gerus:

Marionette van Zyl – 082 227 8050 marionettevz@gmail.com

steunspan header

Eiendomme dra sorg vir die instandhouding en versorging van ons gemeente se kosbare fasiliteite. Dit sluit ons meer as 150 jaar oue kerkgebou, die kerksaal-kompleks, die pastorieë waar ons predikante woon, asook die tuine en buiteruimtes in. Met toewyding en trots verseker hierdie span dat ons ruimtes goed versorg, funksioneel en verwelkomend bly vir almal wat hier saamkom.

Vir meer inligting of navrae, kontak gerus:

Charles van Schalkwyk – 072 188 3644  charles@eleo.co.za

finansies header

betrokke met die allokasie en bestuur van die fondse van die gemeente, ter uitbreiding van die Koninkryk van God.

Om meer uit te vind of om betrokke te raak kontak:

Hannes Groenewald – 082 573 0272  hannes.groenewald8@gmail.com

getuienis

wil die Hoop wat ons in Jesus het, uitdra na die wêreld. Soos in Handelinge 1:8 is ons getuies…

…in óns Jerusalem: Ons elkeen leef en verkondig Jesus in ons eie huis/werkplek/gemeenskap.

…in óns Judea: Ons bedien ons plaaswerkers en hulle gesinne, asook ons bure in Tikwana gemeenskap (skakel met kerke ,veral NGKA, lei kerkleiers op, ondersteun kleuterskole, ‘n Bybelskool en ‘n Sport Akademie).

…in óns Samaria: Ons reik uit in Suider-Afrika – na Lesotho en Mosambiek

…tot die Uithoeke van óns Wêreld: Ons ondersteun Sendelinge in Japan en België en is betrokke by aksies soos Feba-Radio,  Geopende Deure, Petra Instituut en die Gideons.

Scroll to Top