Sondae

Elke Sondag kom ons as gemeente bymekaar
vir ’n betekenisvolle dag van aanbidding en groei.

eredienste 1

Eredienste

09:30 in die kerkgebou.

kategese

Gr1-11 Kategese

Elke Sondag oggend na die erediens. Ons toegewyde jeugmentors bedien ons kinders en tieners met die Woord. Terwyl die Kategese plaasvind, kan ouers ontspan en saam kuier oor ’n koppie tee of koffie, en die belydenisklas bederf gereeld met ’n heerlike sny koek.

tekkie diens

Tekkiediens

Een keer per kwartaal tydens die erediens (in die Kerksaal) vir al ons Gr 1-9 kinders en tieners.

bybelskool

Bybelskool

Sondagaande 17:30 bied ons ’n Bybelskool aan vir dié wat begeer om dieper geestelik te groei.

Scroll to Top