Wat kan ek gee?
Finansies by Hoopkerk
“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het — nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.” – 2 Korintiërs 9:7
By Hoopkerk gee ons ons tiendes met oop harte en hande — nie omdat ons gevra word nie, maar omdat ons ’n verskil wil maak in die gebroke werklikheid wat ons huis noem.
Jou bydrae maak dit moontlik vir ons om ons bedieninge optimaal te laat funksioneer, ons geboue in stand te hou en ons personeel te ondersteun. Daar is veral twee kernfokusse waaraan ons getrou bly, al raak omstandighede uitdagend.
Eerstens wil ons die Goeie Nuus van Jesus Christus uitdra — hier in Hoopstad, in Tikwana en op die omliggende plase, maar ook wyer na plekke soos Lesotho, Japan en België.
Tweedens glo ons daarin om warmhartig en barmhartig teenoor mense in nood te wees. Meer as 20 gesinne ontvang maandeliks kospakkies, en ons is ook betrokke by organisasies soos Ons Kinderhuis en Vrystaat Nasorg.
Dankie dat jy gee — maak nie saak hoe min of baie nie. Ons sente saam maak ’n groot verskil, tot eer van Sy Naam.
Hoe om te gee
Bankbesonderhede:
ABSA (632005)
Rek naam: NG Gemeente Hoopstad
Rek nr.: 1950580018 (Current)
Manier om te gee
- Elektroniese betaling (EFT)
- Debietorder
- Per kaart
